Ons Liefdesverhaal

In 2022 het ons paaie die eerste keer gekruis tydens die Atlete vir Christus uitreik. Ironies genoeg het ons by die eerste ken-mekaar-kamp glad nie eers met mekaar gepraat nie. Maar die Maandag daarna het ons onverwags in dieselfde klas beland, en 'n kaalvoet-Gerrit wat saam koshuis toe stap was die begin van 'n storie wat ons nooit sou kon beplan nie.

Van toe af was dit asof ons mekaar oral raakgeloop het – in die klas, by die kerk en by Gerrit se beplande koffie dates - min wetende dat Elizna nie eers koffie drink nie. Die "vinnige studiebreuke" het al hoe langer geword, die stappies al hoe verder, en die gesprekke al hoe dieper.

Op 1 Augustus 2022 het ons begin uitgaan. Saam het ons die uitdagings van ingenieurswese aangepak, oorwinnings gevier, drome gebou en mekaar deur elke seisoen ondersteun.

Vier jaar later is ons nog steeds beste vriende en gunsteling stapmaatjies - dankbaar vir God se leiding vir elke stap van die reis, en vir 'n liefde wat elke dag sterker word.

Nou verruil ons klasroosters vir 'n troudatum, en begin ons die grootste avontuur nog. Dit sal vir ons 'n voorreg wees om hierdie spesiale dag saam met julle te vier.

Inligting

Tydlyn

Spesiale Geleenthede

Trouregister

Liefde, lag en herinneringe is al wat ons nodig het. Sou julle ons tog wil bederf, sien asb ons online trouregister:

VENUE

  • 00Dae
  • 00Ure
  • 00Minute
  • 00Sekondes
  • 00Dae
  • 00Ure
  • 00Minute
  • 00Sekondes

KAART & LIGGING

MOET WEET

Kleredrag: Semi-formeel

Vir ons spesiale dag nooi ons jou uit om semi-formeel aan te trek.

Mans: ’n Netjiese broek en hemp is ideaal. ’n Baadjie en das is heeltemal opsioneel.

Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons vra vriendelik dat gaste asseblief 15 minute vroeër arriveer om rustig hul sitplekke in te neem.

Die kroeg is oop een uur voor die seremonie, en gaste is welkom om vooraf drankies op die dek te geniet voordat die seremonie begin.

Ons is bevoorreg om ’n professionele fotograaf te hê wat ons spesiale dag vasvang, en ons vra vriendelik dat gaste hul selfone en kameras tydens die seremonie wegpak en die oomblik saam met ons geniet.

Ons wil graag hê almal moet ten volle teenwoordig wees terwyl ons hierdie betekenisvolle geleentheid saam vier.

Foto’s en video’s tydens die onthaal is natuurlik meer as welkom.

Neem asseblief kennis dat Deannie Landgoed ’n streng beleid handhaaf rakende geen buitekos of drankies nie.

Die venue beskik oor ’n volledig gelisensieerde en goed toegeruste kroeg vir die gerief en genot van alle gaste.

Neem ook asseblief kennis dat die kroeg kontantloos funksioneer, en kaartbetalingsgeriewe deur die geleentheid beskikbaar sal wees.

Gratis parkeerplek sal op die perseel beskikbaar wees vir alle gaste.

Parkeerbeamptes sal beskikbaar wees om u met aankoms te verwelkom en te help met aanwysings vir ’n gemaklike en vlot ervaring.

Ons onthaalviering eindig om 23:30.

Ons hoop julle sal saam met ons dans, vier en elke spesiale oomblik geniet tot en met die heel laaste liedjie.

Voordrankies is op ons — daarna sal drankies vir eie rekening wees.

Dis Kaapstad… Sonneskyn, wind, reën en vier seisoene in een dag is alles moontlik. Ons beveel aan dat jy warm aantrek en ‘n jas saambring, vir ingeval.

RSVP

DEANNIE LANDGOED